Blogs

Grade 4
BODMAS en Orde van bewerkings
Brackets
Of
Division
Multiplication
Addition
Subtraction
Die BODMAS is ’n wonderlike hulpbron wanneer ’n probleem met verskeie bewerkingsimbole (+, –, ×, ÷) opgelos moet word. U kind moet dit memoriseer en oefen, aangesien hy dit in alle Wiskunde-verwante vakke sal gebruik.
BODMAS lys die volgorde waarin die probleem opgelos moet word, m.a.w watter deel van die probleem eerste, tweede, ensovoorts opgelos moet word.
Orde van bewerkings
In ’n probleem waar daar slegs + en / of – is, word dit opgelos deur van links tot regs te werk.
Voorbeeld:      17 – 5 + 6 + 2 – 5
Oplossing:      17 – 5 = 12 + 6 = 18 + 2 = 20 – 5 = 15
 
In ’n probleem waar daar slegs × en / of ÷ is, word dit opgelos deur van links tot regs te werk.
Voorbeeld:      4 × 8 ÷ 2 ÷ 4 × 10
Oplossing:      4 × 8 = 32 ÷ 2 = 16 ÷ 4 = 4 × 10 = 40
 
In ’n probleem wat ×, ÷, + en – het, word dit opgelos deur EERSTE × en ÷ te doen.
(Deling en vermenigvuldiging kom voor optel en aftrek in BODMAS.)
Doen dan die + en die , werk van links na regs.
 
Voorbeeld:      50 – 100 ÷ 4 + 5 × 3 – 10
Oplossing:     100 ÷ 4 = 25     5 × 3 = 15
                          50 – 25 + 15 – 10
                          = 25 + 15 = 40 – 10 = 30
 
In ’n probleem waar daar ( ), ×, ÷, + en – is, los op deur EERSTE die ( ) te doen.
(Hakies kom voor deling en vermenigvuldiging in BODMAS.)
Doen dan die ÷ en die ×.
Doen uiteindelik die + en die , werk van links na regs.
 
Voorbeeld:      (38 + 4) + 24 ÷ 6 × 2 – 15 + 6 ÷ 3
Oplossing:      38 + 4 = 42       24 ÷ 6 × 2 = 24 ÷ 6 = 4 × 2 = 8       6 ÷ 3 = 2
                          42 + 8 – 15 + 2
                          = 42 + 8 = 50 – 15 = 35 + 2 = 37

Grade 4, Grade 5, Grade 6, Grade 7
John Bransby is a former principal and examiner and is currently a Maths and Science Educational consultant


Studying Maths and Science, and other subjects that involve calculations, require a slightly different approach to studying other subjects. Here are some tips for doing well in these subjects:


1.... Read the full article

Pages