Slimkoppe Ek is vyf

Kies slim vir ‘n skitterende toekoms!

’n Volkleur-aktiwiteitsboek, ontwikkel om vyfjariges sleutelvaardighede te help aanleer terwyl hulle speel-speel aktiwiteite aanpak saam met die liewe Slimkoppe-karakters. Die reeks is in Suid-Afrika gekonseptualiseer, ontwikkel en geskryf deur ervare opvoeders wat spesialiseer in kinders se vroeë ontwikkeling. Elke boek bevat aktiwiteite wat kinders vroeë syfer-, letter- en lewensvaardighede help ontwikkel. Gedetailleerde notas verduidelik die doel van elke aktiwiteit en bied nuttige wenke en idees hoe ouers die aktiwiteite verder kan uitbrei.

Kinders het soveel pret, hulle weet nie eens hulle leer nie!
Book ISBN: 
9781775783428
Book Binding: 
Sagteband
Book Extent: 
48 bl plus 2 bl plakkers