’n Volkleur-aktiwiteitsboek, ontwikkel om vierjariges sleutelvaardighede te help aanleer terwyl hulle speel-speel aktiwiteite aanpak saam met die liewe Slimkoppe-karakters. Die reeks is in Suid-Afrika gekonseptualiseer, ontwikkel en geskryf deur ervare opvoeders wat spesialiseer in kinders se vroeë ontwikkeling. Elke boek bevat aktiwiteite wat kinders vroeë syfer-, letter- en lewensvaardighede help ontwikkel. Gedetailleerde notas verduidelik die doel van elke aktiwiteit en bied nuttige wenke en idees hoe ouers die aktiwiteite verder kan uitbrei.